Olimpiese Somerspele 1972

Spele van die XXe Olimpiade
Olimpiesespele van 1972

Gehou in München, Wes-Duitsland
Deelnemende lande 121 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 7 134 (6 075 mans, 1 059 vroue)[1]
Items 195 in 21 sporte[2]
Openingseremonie 26 Augustus 1972
Sluitingseremonie 11 September 1972
Amptelik geopen deur President Gustav Heinemann[3]
Atlete-eed Heidi Schüller (atletiek)
Beampte-eed Heinz Pollay (ruitersport)
Olimpiese vlam Günter Zahn (atletiek)
Vorige Spele 1968: Meksikostad (Meksiko)
Volgende Spele 1976: Montreal (Kanada)

Die Olimpiese Somerspele 1972 (Duits: Olympische Sommerspiele 1972), amptelik bekend as die Spele van die XXste Olimpiade, is tussen 26 Augustus en 11 September 1972 in München, Wes-Duitsland, aangebied. München is verkies om die Spele te organiseer bo Detroit, Madrid en Montreal.

Die Olimpiese Stadion in München, soos gesien vanaf die Olimpiese Toring

Koste, nog moeite is gespaar by die organisasie van hierdie Spele. Daar is 'n begroting van 172 miljoen DM opgestel, wat vir die welvarende Bondsrepubliek geen probleem was nie. 'n Volledige nuwe sportskompleks is opgerig, met alle items naby mekaar op die voormalige Oberwiesenfeld-vliegveld, waar die Fransman Édouard Daladier en die Brit Neville Chamberlain geland het voor 'n ontmoeting met Adolf Hitler. Die pronkstuk was ongetwyfeld 'n avant-gardistische stadion met sy deurskynende dak in die vorm van 'n web.

Die Olimpiese Somerspele 1972 is deur die sogenaamde bloedbad van München oorskadu. Elf atlete en amptenare van die Israeliese span word in die nag van 4 op 5 September as gyselaars in die Olimpiese dorp deur lede van die Palestynse terreurbeweging Swart September aangehou. Uiteindelik word al elf saam met 'n Duitse polisieman vermoor. Tydens pogings om die atlete te red word vyf van die agt gyselaars dood gemaak. Die drie gyselaars wat die bloedbad oorleef word later deur Duitsland losgelaat, na die kaping van 'n vliegtuig van Lufthansa. 'n Reeks wraakaksies deur Israel volg, waarby twee van die drie ontsnapte gyselaars dood gemaak word. Teen 2018 het die agtste en laatste oorlewende gyselaar, Jamal Al-Gashey, steeds gelewe.

Die Olimpiese Winterspele 1972 is in Sapporo, Japan, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1972 is tussen 2 en 11 Augustus in Heidelberg, Wes-Duitsland, gehou.

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne